Monday, April 21, 2008

Hasies - Skitterend

Onderwyser:
As ek vir jou twee hasies gee, en nog twee hasies en nog twee, hoeveel
sal jy hê?

Jannie:
Sewe, meneer.

Onderwyser:
Nee, luister mooi. As ek vir jou twee hasies gee, en nog twee en nog
twee, hoeveel hasies sal jy hê?

Jannie:
Sewe.

Onderwyser:
Kom ek stel dit anders. As ek vir jou twee appels gee, en nog twee en
nog twee, hoeveel appels sal jy hê?

Jannie:
Ses.

Onderwyser:
Mooi so. Nou as ek vir jou twee hasies gee en nog twee en nog twee,
hoeveel hasies sal jy hê?

Jannie:
Sewe!

Onderwyser:
Hoe de @#$%^& kom jy by sewe uit?

Jannie:
Ek het al 'n hasie by die huis.

No comments: