Friday, November 16, 2007

Kantoor taalgebruik!

> TAALGEBRUIK IN DIE WERKSPLEK :
>
> Dit het onder die aandag van Bestuur gekom dat sommige individue in
> die maatskappy vuil taal tydens normale gesprekvoering teenoor hul
> kollegas gebruik.
>
> Weens klagtes vanaf sekere werkers in die verband, sal die gebruik van
> hierdie tipe taal nie langer geduld word nie.
>
> Ons besef egter die noodsaaklikheid daarvan om in staat te wees om
> akkurate menings teenoor kollegas te kan uitspreek.
>
>
> Die volgende nuwe en innoverende uitdrukkings word derhalwe aanbeveel
> ten einde gedagtes en inligting op 'n effektiewe
> wyse te kan oordra :
>
> 1. Voorstel :
> Ek dink addisionele opleiding sal waardevol vir jou wees
> In plaas van :
> Jy't geen fokken idee wat jy doen nie.
>
> 2. Voorstel :
> Sy's 'n dinamiese werknemer.
> In plaas van :
> Sy's 'n hardegat-teef.
>
> 3. Voorstel :
> Ek kan moontlik oortyd werk.
> In plaas van :
> En wanneer de fok dink jy moet ek dit doen?
>
> 4. Voorstel :
> Ek is oortuig daarvan dis nie lewensvatbaar nie.
> In plaas van :
> Daar's nie 'n fokken manier nie!
>
> 5. Voorstel :
> Werklik?
> In plaas van :
> Moenie kak praat nie!
>
> 6. Voorstel :
> Die probleem sal beslis aandag ontvang.
> In plaas van :
> Vertel dit vir iemand wat 'n fok omgee!
>
> 7. Voorstel :
> Ek was nie by die projek betrokke nie.
> In plaas van :
> Dis nie my fokken probleem nie!
>
> 8. Voorstel :
> Dis interessant.
> In plaas van :
> Wat de fok?
>
> 9. Voorstel :
> Ek is nie seker dat dit geïmplementeer kan word nie.
> In plaas van :
> Hierdie kak sal nie werk nie.
>
> 10. Voorstel :
> Ek sal dit probeer skeduleer.
> In plaas van :
> Hoekom de fokken hel het jy my nie vroeër gesê nie!
>
> 11. Voorstel :
> Hy's nie vertroud met die aspekte nie.
> In plaas van :
> Die idioot weet fokkol!
>
> 12. Voorstel :
> Verskoon my, meneer?
> In plaas van :
> Ag fok jou!
>
> 13. Voorstel :
> So jy was nie gelukkig daarmee nie?
> In plaas van :
> Jammer om van jou kak te hoor.
>
> 14. Voorstel :
> Ek is 'n bietjie oorlaai op die oomblik
> In plaas van :
> Fokkit, ek verdien ook maar net 'n salaris!
>
> 15. Voorstel :
> Ek dink nie jy verstaan nie.
> In plaas van :
> Druk dit in jou gat!
>
> 16. Voorstel :
> Ek's mal oor 'n uitdaging!
> In plaas van :
> Dis 'n kak job hierdie!
>
> 17. Voorstel :
> Wil jy hê dat ek dit uitsorteer?
> In plaas van :
> Wie's dood en het jou die fokken baas gemaak?
>
> 18. Voorstel :
> Hy's ietwat onsensitief.
> In plaas van :
> Hy's 'n doos.
>
> Dankie vir u samewerking
> Menslike Hulpbronne .
> ________________________________

No comments: