Tuesday, August 07, 2007

How to fight a hangover - deur Nataniel

How to fight a hangover - deur Nataniel: 10 Goue reëls

Om hangovers te fight is actually heelwat makliker as wat mens sou dink.
Daar's gewoonlik een goue reël wat feitlik altyd effektief is.

Reël 1: *Moenie drink nie.*
Die probleme ontstaan as mens die reel 'n f@kken vet ignore kap.
Moeilikheid. Dus, as jy per abuis reël een oortree, verwys dadelik na reël
twee.

Reël 2: *Moenie te veel drink nie.*
Een word twee, al die ure word happy, lelik word mooi, en twee word een
(partykeer sommer op die agterseat). Steeds is als nie verlore nie. In tye
van transgressie, verwys spoedig na reel drie.

Reël 3: *Moenie jou drankies meng nie.*
Check alle drankies gaan eventually na dieselfde plek toe, maar net soos
in 'n bar meen dit nie altyd almal smaak mekaar nie. Inteendeel, jy sal
vind dis presies wat gaan maak dat jy suffer die next day.

Reël 4: *Sit neer daai shooter, cowboy.*
Teen die tyd dat jy reel drie oortree het is jy klaar in jou hel in. Dan
ewe skielik is dit twee-uur, jy vreet 'n pie by die Select Store oppad
huis toe en worry oor die evil hangovertjie wat onder jou bed vir jou
wag.

Reël 5: *Slaap soveel as wat jy kan .*
Jy wil mos. Lekker reels breek. Lekker breker. Wie's nou smart?
Ouens wat hier uitkom het obviously nie geflippen luister nie en sit nou
met die full-blown hangover. Nou moet jy maar slaap pel, en baie ook. Nog
bietjie. Daa'sy. Trek hom bersie oor hom koppie.

Reël 6: *Suip baie water.*
Party bra's reken sommer die aand wat jy van die jol af kom, maar dis
bietjie moeilik as jy ingedra word in die huis in. Kry vir jou 'n lekker
laaang beker water en drink daarvan soveel en so vinnig as wat jy kan .
Kom, jy't mos gewys jy kan baie drink. Jy's mos die flippen nek van die
plek. Sluk! Sommer vier Grandpa's ok. One time.

Reël 7: *Eet iets.*
Op die stadium is jou lyf hoogs die blik$em in vir jou. Jy het nie mooi
gemaak met jou lyf nie. Uh-uh. Nou moet daar flippen mooi broodjies gebak
word, en een ding wat jou lyf verstaan is eetbare bederfies. As jy rerig
wil flippen brownie punte score, skiet vir iets gesonds - even 'n
slaaitjie.As jou lyf kon het hy/sy jou op die rug geklop.
Party ouens reken mens moet 'n rou eier eet. Al waarvoor dit werk is om
jou te laat opgooi. Flippen smart, nou's jy naar en jy't 'n hangover.
Idiot.

Reël 8: *Vat 'n shower of 'n bad.*
Nou hierdie reel help beide vir jou asook die mense geaffekteer deur
second-hand hangover d.w.s. die arme swape wat jou asem
ruik na die aand uit. Voel bietjie daai wol oor jou tanne? Hoe dink jy
ruik dit vir ander? Presies. Hou op 'n aap wees en vat 'n stort.

Reël 9: *Trek iets gemaklik aan.*
Official hangover wear is pejaamies of sommer 'n ou sweetpak met Stokies
en 'n t-shirt. Sag en lelik is die wagwoorde hier.

Reël 10: *Vat dit rustig.*
Drop die blinds, kry 'n bottel Coke, bietjie Nando's en loop rent 'n DVD
of twee . Skuif nou voor die TV in met die remote en relax.

Dit gaan 'n laaaang dag wees.

No comments: